Roudiens vind in parlementstuine plaas vir wyle Jane Katjavivi

‘n Roudiens vir wyle Jane Katjavivi, vrou van die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, vind tans in die parlementstuine plaas. Sy het op 9 Augustus in die ouderdom van 70 gesterf. Sprekers wat hulde aan haar bring sluit onder meer in President Hage Geingob, voormalige President Hifikepunye Pohamba, stigterspresident Sam Nujoma en speakers van die parlemente van Zimbabwe en Suid-Afrika. Ander hoogwaardigheidsbekleërs by die gedenkdiens sluit in diplomate, Hoofregter Peter Shivute, kabinetsministers, lede van die parlement en senior staatsamptenare. Wyle Katjavivi word Saterdag by die Pionierspark-begraafplaas in die hoofstad ter ruste gelê.