Namibiese bosboubeamptes opgelei en aangestel

Namibiese bosbou-vredesbeamptes is vandag amptelik aangestel. Die 23 beamptes het opleiding by die Namibiese polisie gekry om as wetstoepassers in die veld op te tree. Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê wetstoepassing vereis goed opgeleide beamptes wat ondersoek-vaardighede moet hê, vaardighede in die bestuur van ‘n misdaadtoneel, sowel as die aanbieding van getuienis voor die howe ten einde positiewe vervolging te verkry. Die bosbou-kommissaris in die ministerie, Johnson Ndokosho, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die opleiding nodig was om die beamptes in staat te stel om hul pligte te kan uitvoer.