Begrotingstekort-projeksie verlaag na 3,2%

Namibië het sy ekonomiese groei-voorspellings vir 2023 en 2024 verhoog en ‘n begrotingstekort-projeksie verlaag, as gevolg van hoofsaaklik sterk groei in die olie- en mynbousektore. Die begrotingstekort vir die 2023/24-boekjaar word beraam op 3,2 persent van die bruto binnelandse produk, laer as ‘n Oktober-skatting van 4,2 persent, en behoort teen 3,2 persent van die BBP in 2024/25 te bly. Die sterk groei is weens verhoogde aktiwiteite in die natuurlike hulpbronsektor, insluitend die impak van petroleumeksplorasie op ekonomiese aktiwiteite en die oplewing in uraanproduksie na prysstygings. Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm, deel sy gedagtes oor die eerste kwartaal van 2024.