ANC sê vroue en jeug moet lei 

Die voorsitter van die Verkiesingskomitee van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Kgalema Motlanthe, sê meer vroue en jong volwassenes moet by leierskaps-posisies binne die ANC betrek word. Hy het die media toegespreek oor die ANC se riglynreëls en nominasieproses vir die nasionale konferensie. Motlanthe het ook uitgewei oor die verkiesing en pligte van aangestelde nasionale uitvoerende komiteelede.