Nagmark en gholfdag ten bate Droogtehulp Namibië aangebied

Droogtehulp Namibië hou op Vrydag 16 September ‘n eerste boeredroogtehulp-nagmark by die Windhoek-gholfklub. Dit word saam met ‘n gholfdag aangebied wat om drie-uur die middag begin. Toegang is slegs 50 Namibiese dollar per persoon en is gratis vir kinders en pensioenarisse. Daar sal vermaak vir oud en jonk wees, asook ‘n groot verskeidenheid stalletjies, ‘n wyn en –jenewerproe en musiek-optredes. Die organiseerder, Adri Oosthuizen, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.