NAC hou lugvaartforum in November

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het vandag die Namibiese Lugvaart en Konnektiviteitsforum van stapel gestuur wat ook deur verteenwoordigers van Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe bygewoon is. Die raadsvoorsitter van die lughawensmaatskappy, Bisey Uirab, sê Boeing beraam dat die Afrika-lugvaartbedryf sowat 67 000 geskoolde personeel sal benodig om sy groei in die volgende 20 jaar te volhou. Die woordvoerder van die maatskappy. Dan Kamati, sê die forum sal van 16 tot 18 November plaasvind.