Hollard Namibië ondersteun bors- en prostaatkankerveldtogte

Die versekeringsmaatskappy, Hollard Namibië gaan nie vanjaar soos in Suid-Afrika die 2022 Daredevil-wedloop aanbied nie. By hierdie jaarlikse geleentheid hardloop mans in spitstyd deur die strate van Johannesburg, geklee in net pers swembroekies, om bewustheid te kweek vir testikulêre en prostaatkanker. Die jaarlikse geleentheid is vanjaar die eerste keer in twee jaar weer by die Dieretuinmeer. Sam Kauapirura, korporatiewe kommunikasiehoof van Hollard Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle bied jaarliks plaaslike borskanker-en prostaatveldtogte aan.