EU kondig meer hulp aan vir Gaza

Die Europese Unie het aangekondig hy gee ‘n bykomende 1,4-miljard Namibiese dollar om broodnodige hulp aan Palestyne in Gaza te verskaf. Die gebied is verwoes deur Israeliese bomaanvalle en grondoperasies na ‘n aanval deur Hamas meer as ses maande gelede. Die burgerlike bevolking van twee-miljoen mense het dringend humanitêre hulp nodig om te oorleef.