Cyril wag nog vir Phala Phala-verslag na hy verskyn het

President Cyril Ramaphosa sê hy het ‘n goeie ontmoeting met die ANC-integriteitskommissie oor die Phala Phala-saak gehad. Die president het aan die party se etiese komitee verslag gedoen oor die diefstal in 2020 op sy plaas in Limpopo waar na bewering miljoene in buitelandse geldeenhede gesteel is. Die gewese hoof van Staatsekerheid, Arthur Fraser, het […]

Read More

12 grootwithaaie by Plett opgemerk

Die Bitou-munisipaliteit in die Suid-Kaap sê 12 grootwithaaie is tydens ‘n lugopname opgemerk. Die opname is gedoen deur die Plett-haai-aksiegroep aan die kuslyn vanaf die Robberg-skiereiland en Grootbank tot verby Keurboom Strand. Die munisipaliteit sê hulle is bewus dat die haaie moontlik vanaf Mosselbaai en ander gebiede langs die kuslyn beweeg het, moontlik weens onlangse […]

Read More

Airlink-FlyNamibia ooreenkoms nie onderworpe aan mededingingskommissie nie

Die Namibiese Mededingingskommissie sê hy is nie geraadpleeg nie en het ook nie goedkeuring gegee vir Airlink se verkryging van ‘n 40 persent aandeelhouding in FlyNamibia nie. Die twee rederye het verlede week die aankondiging gemaak in ‘n stap wat deur kundiges beskou word as deurslaggewend in die herstel van toerisme in die land. Volgens […]

Read More

Boere trek geen voordeel uit stygende pryse nie

Wanneer daar stygings in kruideniersware is, is daar nie noodwendig meer geld in boere se sakke nie. Kenners meen boere is prysnemers en nie prysbepalers nie en wêreldwyd keer ongeveer 15 sent per dollar terug na boere. Daar word ook beaam dat wanneer voedselpryse skerp styg, sien boere in werklikheid ‘n toename in hul insetkoste wat toerusting, kunsmis, chemikalieë, saad, instandhouding, arbeid, brandstof, en voer insluit. Plaaslik is brandstof is 57 persent duurder in die tweede […]

Read More

Cran sê hoe om jouself teen kuberkrakers te beskerm

Die Namibiese Kommunikasie Regulerende Owerheid, oftewel Cran, sê daar is ‘n toename in sogenaamde “brute-force”-pogings deur kuberkrakers. Daar was groot uitdagings Dinsdag met die punt-na-domein. Kosmos 94.1 Nuus het met Ronel le Grange, Cran se hoof van elektroniese kommunikasie gepraat oor wat Jan Alleman kan doen om homself te beskerm.

Read More

Bond-franchise vier 60 jaar… wie’s die volgende Bond?

James Bond, die martini-drinkende, tuxedo-draende Britse geheime agent, vier vandag 60 jaar op die silwerdoek, maar die groot vraag is, wie sal die volgende akteur wees wat die ikoniese rol opneem? Volgens die vervaardigers Barbara Broccoli en Michael G. Wilson, het die soektog na ‘n nuwe akteur nog nie begin nie, en sal ook nie […]

Read More

Geingob loof onderwysers op Wêreld-onderwyserdag

Vandag is Wêreld-onderwyserdag. President Hage Geingob sê deur ‘n onderwyser word die kind van ‘n plaaswerker ‘n president en die dogter van die huiswerker ‘n mediese dokter. Geingob sê as voormalige onderwyser, verstaan hy die belangrike rol wat onderwysers speel. Hy het alle onderwysers bedank het geluk gewens. Intussen het die stigting vir onderwys en […]

Read More

Daar is probleme, maar nie so erg soos Venaani dit uitmaak nie

Volgens die leier van die Popular Democratic Movement McHenry Venaani is openbare gesondheidsorg besig om uitmekaar te val. Hy sê pasiënte moet tussen agt en 12 ure vir basiese gesondheidsdienste wag. Die gesondheidsbeleid is laas in 2010 hersien. Venaani sê verskeie verrassingsbesoeke aan staatshospitale toon ‘n krisis-situasie. Dr. Bernard Haufiku, die voormalige minister van gesondheid […]

Read More

GRN plaas nog 3 groenskemas op die mark

Die Namibiese regering het nog drie groenskemas op die mark gesit wat bykomend tot ander drie groenskema-projekte, insluitend ‘n suiwelprojek, wat die regering onlangs geadverteer het, op soek na beide plaaslike en internasionale beleggers om hulle te bestuur. Die landbou ministerie sê dat hy van voorneme is om met beide plaaslike en internasionale beleggers saam te werk oor ‘n bou-bedryf-en-oordrag-model […]

Read More

SA-basiese onderwys bestee R1,4 miljard onregmatig

Die Departement van Basiese Onderwys het in die 2021-2022-boekjaar onregmatige besteding van 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand gehad. Dit is volgens die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, se finansiële state. Sy het bevind sommige kontrakte in die betrokke jaar is aan bieërs toegeken wat nie die hoogste telling in die evaluasieproses gekry het nie, en twee gevalle van wesenlike onreëlmatighede. Maluleke […]

Read More