Daar is probleme, maar nie so erg soos Venaani dit uitmaak nie

Volgens die leier van die Popular Democratic Movement McHenry Venaani is openbare gesondheidsorg besig om uitmekaar te val. Hy sê pasiënte moet tussen agt en 12 ure vir basiese gesondheidsdienste wag. Die gesondheidsbeleid is laas in 2010 hersien. Venaani sê verskeie verrassingsbesoeke aan staatshospitale toon ‘n krisis-situasie. Dr. Bernard Haufiku, die voormalige minister van gesondheid sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is wel uitdagings, maar ontken dat die gesondheidstelsel besig is om uitmekaar te val.

Hy meen uitreikprogramme na die streke is die oplossing.