Alweendo bevestig ondersoek na korrupsie-bewerings

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, het bevestig dat ‘n ondersoek van stapel gestuur is na bewerings dat ministerie-amptenare omkoopgeld van 50 miljoen Namibiese dollar aanvaar het van ‘n Chinese maatskappy. Die plasing is wyd op sosiale media gedeel en noem Alweendo ook as een van die begunstigdes van die fondse. Volgens Alweendo is dit kwaadwillige laster teen sy persoon. Hy sê die bewerings ondersoek word en […]

Read More

Nujoma doen beroep vir verbeterde produktiwiteit

Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujom het ‘n beroep op vakbonde gedoen om produktiewe ingesteldheid by hul lede te begin vestig. Hy beklemtoon dat as verteenwoordigers van werkers, hul verantwoordelikheid nie net is om die beskerming van die regte van werkers te verseker nie, maar ook om hulle sensitief te maak oor hul verantwoordelikhede en die belangrikheid van produktiwiteit vir […]

Read More

Solidariteit verwelkom Dis-Chem se ommekeer

Solidariteit het Dis-Chem se stap verwelkom om ‘n interne memorandum terug te trek waarvolgens ‘n moratorium geplaas word op die aanstelling van wit mense. Die farmaseutiese kleinhandelaar sê hy is spyt oor die aanstoot en kommer wat die memorandum soveel mense gegee het, insluitend personeel en miljoene lojale kliënte. Solidariteit se woordvoerder, Morné Malan, sê […]

Read More

Haïti moet internasionale veiligsmag ontvang, inwoners sê nee

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het die chaos in Haïti bespreek. Die land word op die oomblik deur gewapende bendes regeer en een groep het die land se sentrale brandstof-depot oorgeneem. Daar is ook geen veiligheid op die oomblik in die hawes nie en cholera het uitgebreek. Die sekretaris-generaal Antonio Guterres sê ‘n internasionale veiligheidsmag […]

Read More

Chinees Wang Hui is die ontsnapte renosterhoringsmokkelaar

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het bevestig die Chinese renosterhoringsmokkelaar, die 47-jarige Wang Hui, het vanmiddag uit die Namibiese Korrektiewe Dienste-fasiliteit in Windhoek ontsnap. Hy het glo buite gewerk en gevra om toilet toe te gaan. Korrektiewe beamptes het later na Wang gaan soek, maar hy het reeds ontsnap. Nampol doen ‘n beroep op die publiek […]

Read More

DA: Toerismedepartement nie ernstig om toeriste te lok

Die DA sê die departement van toerisme en sy instelling, Suid-Afrikaanse Toerisme, het nie moeite gedoen om Suid-Afrika se handelsmerk te versterk nie. Die party sê die bemarking van Suid-Afrika as ‘n voorkeur-toeristebestemming behoort voorop gestel te wees. Volgens die Ouditeur-generaal se kantoor het die departement nie wat waarskynlik een van sy belangrikste teikens is, […]

Read More

Dis-Chem trek amptelik sy ‘rasbrief’ terug

Dis-Chem het amptelik vandag sy “rasbrief” teruggetrek. Dis-Chem het in ’n mediaverklaring bevestig dat dit sy brief amptelik terugtrek. Volgens die maatskappy weerspieël die brief, wat wyd gedeel is, nie sy waardes nie en betreur dit die interne memorandum se bewoording. Dit het volgens die maatskappy ook nie die korrekte interne prosesse gevolg voordat dit […]

Read More

Gestremdes op Tsumeb kry hulp en hoop

Om behoorlike sorg en ondersteuning te gee aan mense wat met gestremdhede leef, het die Namibiese gesondheidsministerie die Hope Tuisgebaseerde Gesondheidsorgsentrum, sowel as ‘n mobiele kliniek by Tsumeb gevestig. In die meeste gevalle benodig mense met gestremdhede bystand wat nie almal kan bied nie. Eglien Uises het die Hope-gesondheidsorgsentrum in 2016 begin om mense by […]

Read More

Geen meer gratis krag en water vir SA ministers

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die nuwe ministeriële handboek onttrek wat voordele soos gratis water en krag aan ministers en adjunk-ministers gee. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya het vandag die nuus bekend gemaak en gesê Ramaphosa erken die openbare sentiment oor die aangeleentheid. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt …

Read More

Namibiese damme saam 76% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 76 persent vol, teenoor verlede jaar se 71,3 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 85 persent vol, ondanks ‘n verlies van 1,820 miljoen kubieke meter water uit die  Neckartaldam met sy vlak tans op 96,4 persent, en 3,159 miljoen kubieke water wat uit die Hardapdam vir besproeiing onttrek is. […]

Read More