Boere trek geen voordeel uit stygende pryse nie

Wanneer daar stygings in kruideniersware is, is daar nie noodwendig meer geld in boere se sakke nie. Kenners meen boere is prysnemers en nie prysbepalers nie en wêreldwyd keer ongeveer 15 sent per dollar terug na boere. Daar word ook beaam dat wanneer voedselpryse skerp styg, sien boere in werklikheid ‘n toename in hul insetkoste wat toerusting, kunsmis, chemikalieë, saad, instandhouding, arbeid, brandstof, en voer insluit. Plaaslik is brandstof is 57 persent duurder in die tweede kwartaal gemeet met ureum wat met 102 persent gestyg het. Op sy beurt is fosfaat 50 persent duurder maar die goeie nuus is dat ontleders meen dat die element sy piek bereik het. Die koste van voer het met amper 30 persent gestyg met dieregesondheid wat 16 persent duurder is. Daar is onlangs in Suid-Afrika bevind dat in die geval van sonneblom-olie, waarvoor verbruikers uitermatige hoë pryse betaal, was dit die waardeketting wat die situasie in Oos-Europa uitgebuit het en dat boere nie meer betaal word vir hulle sonneblom-oeste nie.