Man wie se lyk met verwyderde privaatdele gevind is, geïdentifiseer

Die manspersoon wie se lyk in Otjomuise gevind is met sy privaatdele wat verwyder is, is geïdentifiseer. Hy was die 30-jarige Christof Fredricks, wat ‘n lid van die LGBTQ-gemeenskap was. Die lyk is in ‘n rivierbedding in die omgewing van die Chairman Mao Zedong High School ontdek. Die polisie-ondersoek duur voort en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.