Airlink-FlyNamibia ooreenkoms nie onderworpe aan mededingingskommissie nie

Die Namibiese Mededingingskommissie sê hy is nie geraadpleeg nie en het ook nie goedkeuring gegee vir Airlink se verkryging van ‘n 40 persent aandeelhouding in FlyNamibia nie. Die twee rederye het verlede week die aankondiging gemaak in ‘n stap wat deur kundiges beskou word as deurslaggewend in die herstel van toerisme in die land. Volgens FlyNamibia se uitvoerende hoof, Andre Compion, kom hulle alle regulatoriese bepalings na. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die ooreenkoms nie onderworpe is aan die mededingingwetgewing in die land is nie.