Werkers moet vir spesiale stemme registreer: Nedlac

Die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad moedig alle werkers aan wat op verkiesingsdag gaan werk om môre, voor die sluitingsdatum vir spesiale stemme, te registreer. Die raad doen ook ‘n beroep op alle werkgewers om hul werknemers te ondersteun en toe te laat om in die komende algemene verkiesing te stem. Matthew Parks van Cosatu sê alle werkgewers moet verkiesingsdag as ‘n betaalde openbare vakansiedag beskou en, indien moontlik, werkers die dag af gee.