12 grootwithaaie by Plett opgemerk

Die Bitou-munisipaliteit in die Suid-Kaap sê 12 grootwithaaie is tydens ‘n lugopname opgemerk. Die opname is gedoen deur die Plett-haai-aksiegroep aan die kuslyn vanaf die Robberg-skiereiland en Grootbank tot verby Keurboom Strand. Die munisipaliteit sê hulle is bewus dat die haaie moontlik vanaf Mosselbaai en ander gebiede langs die kuslyn beweeg het, moontlik weens onlangse orka-aanvalle en verhoogde orka-bedrywighede. Die munisipaliteit waarsku swemmers in die Plettenbergbaai-omgewing om slegs in aangewese gebiede te swem.