Geingob loof onderwysers op Wêreld-onderwyserdag

Vandag is Wêreld-onderwyserdag. President Hage Geingob sê deur ‘n onderwyser word die kind van ‘n plaaswerker ‘n president en die dogter van die huiswerker ‘n mediese dokter. Geingob sê as voormalige onderwyser, verstaan hy die belangrike rol wat onderwysers speel. Hy het alle onderwysers bedank het geluk gewens. Intussen het die stigting vir onderwys en maatskaplike geregtigheid in Afrika ook onderwysers regoor die wêreld geloof. Die dag identifiseer, vier en motiveer die prestasies, bydraes en pogings van onderwysers wêreldwyd. Die stigting se visevoorsitter, Hendrick Makaneta, sê onderwysers speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van leerders se potensiaal: