GRN plaas nog 3 groenskemas op die mark

Die Namibiese regering het nog drie groenskemas op die mark gesit wat bykomend tot ander drie groenskema-projekte, insluitend ‘n suiwelprojek, wat die regering onlangs geadverteer het, op soek na beide plaaslike en internasionale beleggers om hulle te bestuur. Die landbou ministerie sê dat hy van voorneme is om met beide plaaslike en internasionale beleggers saam te werk oor ‘n bou-bedryf-en-oordrag-model vir die Uvungu-vungu-, Ndonga Linena-, en Oranjerivier-besproeiingsprojekte. Volgens die ministerie se woordvoerder Jona Musheko is die model ‘n wen-wen met die regering wat die projek met infrastruktuur ontvang en die belegger wat met winste wegstap wanneer die huurkontrak verval.