SA-basiese onderwys bestee R1,4 miljard onregmatig

Die Departement van Basiese Onderwys het in die 2021-2022-boekjaar onregmatige besteding van 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand gehad. Dit is volgens die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, se finansiële state. Sy het bevind sommige kontrakte in die betrokke jaar is aan bieërs toegeken wat nie die hoogste telling in die evaluasieproses gekry het nie, en twee gevalle van wesenlike onreëlmatighede. Maluleke sê die departement se bestuur het nie doeltreffende voorkomingsmaatreëls ingestel om betroubare verslagdoening en nakoming van wetgewing te verseker nie.