Biden wil herdenkingseremonie oor aanval op Kongresgebou hou

Amerikaanse President Joe Biden is van plan om ‘n seremonie by die Withuis te hou om die aanval op die Kongresgebou in Washington twee jaar gelede te herdenk. Biden het die opstand op 6 Januarie 2021 as ‘n bedreiging vir die demokrasie beskryf, maar hy spreek hom selde in die openbaar uit oor die optrede van sy voorganger. Die Amerikaanse Kongres, onder leiding van die Demokrate, wat die aanvalle op die Kongresgebou ondersoek het, het federale aanklaers onlangs versoek om oudpresident Donald Trump aan te kla van obstruksie en aanhitsing tot ‘n opstand.