Regskenner glo Zuma kan Ramaphosa voor die hof bring

’n Regskenner glo Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma sal uiteindelik daarin slaag om sy opvolger, Cyril Ramaphosa, voor die hof te bring. Die twee politici is in ‘n stryd gewikkel oor Zuma se private vervolging van Ramaphosa. Hy beskuldig hom daarvan dat hy versuim het om na behore op tree teen bewerings van onbehoorlike gedrag teen staatsadvokaat Billy Downer. Die kenner, Llewelyn Curlewis, sê hoewel Ramaphosa ‘n aansoek om ‘n interdik teen die vervolging ingedien het, kan Zuma dalk wel sy dag in die hof kry. Hy meen dit sal beter wees vir Ramaphosa om hof toe te gaan om sy naam in die reine te bring.