Agt Argentynse rugbyspelers kan lewenslank tronk toe

Rugby: Agt spelers van ‘n provinsiale klub in Argentinië kan lewenslange tronkstraf opgelê word nadat hulle na bewering drie jaar gelede ‘n tiener by ‘n nagklub vermoor het. Die spelers van tussen 21 en 23 jaar oud se verhoor het dié week in Dolores begin. Hulle is in hegtenis geneem kort nadat die 18-jarige Fernando Baez in Januarie 2020 tydens ‘n bakleiery in die strand-oord Villa Gesell dood is en is sedertdien in aanhouding. Sowat 150 name is op die lys van moontlike getuies wat geroep kan word tydens die verhoor, wat na verwagting drie weke sal duur