Bende voer straatrooftogte in Jozi uit 

Die polisie in Gauteng polisie vra slagoffers om na vore te kom nadat die bende wat vermoedelik verantwoordelik is vir straatrooftogte in Hillbrow en Johannesburg se middestad in hegtenis geneem is. Verskeie video’s op sosiale media het gewys hoe die bende van sowat vier of vyf mans slagoffers aanval en van hul besittings beroof. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê sommige van die verdagtes kruip na bewering by ‘n verlate woonstel in Hillbrow weg.