Laaste oorlewende lid van Apollo 7 sterf

Die laaste oorlewende lid van Nasa se eerste ruimtesending wat regstreeks gebeeldsend is, is op die ouderdom van 90 oorlede. Die Amerikaanse ruimtevaarders Walter Cunningham, Walter Schirra en  Donn Eisele het in 1968 ‘n sending van elf dae in Apollo 7 voltooi om die moontlikheid te ondersoek om in die ruimte te land en rond te beweeg. Dit het die weg gebaan vir die eerste maanlanding die volgende jaar. Die span het ook ‘n Emmy ontvang vir hul boeiende uitsending.  Eisele is in 1987 dood en Schirra in 2007. Nasa beskryf Cunningham as instrumenteel vir die sukses met die maanlandings-program.