Toename in inisiasie-sterftes in Oos-Kaap

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die toename in sterftes in die Oos-Kaap tydens die inisiasie-tydperk. Na wat berig word het 20 inisiasie-deelnemers reeds in die provinsie gesterf weens onwettige inlywings-praktyke. Die president van Contralesa, Kgoshi Mokoena, sê die regering en ouers moet hul rol speel om sulke sterftes te voorkom.