Vliegtuigwrak van vlieënier en fotograaf uit meer die Bassmeer gelig

Die Suid-Afrikaanse burgerlugvaart-owerheid in sal na verwagting binne ‘n maand ‘n voorlopige verslag vrystel oor die oorsaak van die noodlottige vliegongeluk in Gauteng wat twee lewens geëis het. Die vlieënier, Sean Russell, en die fotograaf, Dane Fourie, is dood toe die vliegtuig in die Bassmeer in die suide van die provinsie neergestort het. Die 47-jarige Russell word beskryf as ‘n ervare vlieënier. Hy was die hoofinspekteur en toetsvlieënier van Sling Aircraft. Die35-jarige Fourie was sy passasier tydens die private vlug. Die wrak van die ligte vliegtuig is reeds uit die meer gelig.