Drie vroue in Durban vas oor vervalste Sassa-kaarte

In die buurland sal drie vroue tussen 24 en 39 jaar oud in die Durbanse landdroshof verskyn nadat hulle met vermoedelik vervalste kaarte van die maatskaplike sekerheidsagentskap, Sassa, in hul besit betrap is. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die verdagtes is opgemerk terwyl hulle geld by ‘n kitsbank in die Mangrove-sentrum by Durban se Noord-strand onttrek het.