Tsumeb wag nog steeds op toetsuitslae van hul water

Tsumeb-munisipaliteit se uitslae van hul watertoetse is nog nie beskikbaar nie. Inwoners word steeds aangemoedig om hul water te kook voor gebruik totdat die toetsuitslae oor die kwaliteit van die water beskikbaar is. Dit volg ná Dundee Precious Metals in Desember ’n waarskuwing uitgereik het dat die dorp se water ongeskik is vir menslike gebruik weens ‘n hoë inhoud van mikrobiologiese spore. Ontevrede inwoners raak ongeduldig om vir die toetsuitslae te wag. Skakelbeampte van dié Noorde-dorp, Stella Imalwa-Nangolo sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle wag nog…