Waterprys onveranderd sedert 2019

Volgens die produsenteprysindeks vir die vierde kwartaal van 2023, is die indeks vir watervoorsiening, versuiwering en rioolbestuur amper vyf jaar onveranderd en staan tans op nul. Dit dui aan dat daar nie opbrengs op beleggings in water-infrastruktuur is wat pryse vir grootmaatvoorsiening kan beïnvloed nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Isidor Kanyangela, die senior statistikus van die produsenteprysindeks by die Namibiese Statistiek-agentskap, wat die situasie verduidelik.

Intussen word NamWater meer as ‘n miljard dollar deur owerhede geskuld en ontvang geen reddingsboeie van die staat vir infrastruktuur nie.