Karas berei reeds voor vir nasionale verkiesings

Voorbereidings vir die nasionale verkiesings het afgeskop in die Karas-streek. Die kiesersopvoedingsveldtog het reeds begin, terwyl konsultasies met sleutelbelanghebbendes na verwagting gedurende die volgende drie weke op kiesafdelingsvlak gevoer sal word. Aletha Frederick, goewerneur van Karas, sê dit is noodsaaklik dat demokratiese prosesse met integriteit en deursigtigheid gehandhaaf word. Amptenare van die Verkiesingskommissie van Namibië het ‘n inligtingsvergadering gehou met politieke partyleiers, plaaslike en streekraadslede, burgerlike organisasieleiers en lede van NamPol. Die sewe kiesafdelingstoesighouers is ook bekendgestel.