Brandstofprys onveranderd, ten spyte van onderverhalings

Die energie-ministerie het aangekondig die pryse van beide petrol en diesel bly onveranderd in Maart. Die petrolprys by Walvisbaai bly dus 20 Namibiese dollar 78 sent per liter, en onderskeidelik 21 dollar vyf sent per liter vir diesel 50 dpm en 21 dollar 25 sent vir diesel 10 dpm. Die nasionale energiefonds-heffing sal met 50 sent per liter verhoog word. Die nuwe heffing sal dus 186 dollar 7 sent per liter petrol wees, en 160 dollar 7 sent per liter diesel. Aansienlike onderverhalings in die pryse van beide petrol en diesel sal deur die energiefonds ge-absorbeer word. Stella-Maris Amadhila, ‘n ekonoom by die direktoraat petroleumsake in die energie-ministerie, het meer inligting.