Veldtog om waninligting te bekamp voor SA-verkiesings

‘n Africa Check-navorser, Keegan Leech, het bevestig ‘n feite-nagaan-koalisie, ondersteun deur die Google News Initiative, bou momentum op om waninligting te bekamp voor die algemene verkiesing in Suid-Afrika. Leech sê met ‘n toename in politieke partye wat na verwagting sal meeding, poog die koalisie om kiesers te help om ingeligte besluite te neem te midde van ‘n stortvloed inligting, en om onderskeid te kan tref tussen akkurate en onakkurate inhoud.