Hage se Rolex blykbaar gesteel

Daar word berig dat president Hage Geingob se Rolex-horlosie en naskeer-middel gesteel is deur ‘n sekruiteitsbeampte. Volgens die Engelse dagblad The Namibian, het die voorval twee weke gelede plaasgevind en die horlosie is verkoop aan die seun van ‘n minister. Daar is blykbaar besluit om eers die aangeleentheid na die begrafnis aan te spreek. Die polisie-hoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het aan die koerant bevestig dat hy geen kennis daarvan dra nie.