Debmarine Namibia Premierliga-wenner hierdie naweek beslis

Die Debmarine Namibia Premierliga sal na verwagting in pyn en ekstase eindig vir twee Namibiese sokkerreuse, African Stars en Orlando Pirates. Hulle ontmoet môremiddag in die seisoen se laaste ronde in Windhoek se Onafhanklikheidstadion. Stars is bo-aan die punteleer en drie punte voor hul naaste teenstanders, FC Ongos en Khomas Nampol. Pirates is egter in ‘n desperate stryd om oorlewing. Life Fighters is reeds gerelegeer, maar Pirates en Okakarara met 26 punte elk en Julinho op 28 punte probeer om die ander twee relegasieplekke te vermy. Pirates sal dus Stars moet klop, terwyl hulle hoop dat Julinho teen Okakarara Young Warriors verloor wanneer hulle môre in hul laaste wedstryd op Rundu ontmoet.