Kenners sien reikhalsend uit na sensus-data

Daar is groot opgewondenheid onder kenners vir die data van die jongste sensus wat op 13 Maart bekend sal wees. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die aankondiging gemaak. Die inligting is uiters belangrik om beplanning en ontwikkeling te formuleer, veral met die laaste syfers wat uit 2011 dateer. Jason Kasuto van Monasa Advisory & Associates, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.