Loftus is stampvol vir vanmiddag se kragmeting

Rugby: Daar is groot afwagting vir vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd tussen die Bulle en die Stormers op ‘n volgepakte Loftus Versfeld. Die span van Pretoria het in al vyf sy vorige wedstryde in die kompetisie teen hul aartsvyande verloor en wil dus nou ‘n punt bewys. In die ander Suid-Afrikaanse derby sal die Leeus gasheer […]

Read More

Dol-koedoes neem toe, boere moet oplet

Toenemende gevalle van hondsdolheid onder koedoes word die afgelope paar weke gerapporteer. Die Namibiese Landbou-unie bedank sy lede wat hierdie gevalle aanmeld. Daar moet onthou word dat hondsdolheid ‘n aanmeldbare siekte volgens wetgewing is. Dit maak nie saak onder watter diere dit voorkom nie. Beeste, honde, jakkalse, wild – enige gevalle wat vermoed word, moet […]

Read More

Nuwe minimumloon help 6 miljoen SA-werkers

Cosatu sê die instel van die minimumloonverhoging van 8,5 persent sal verligting bring aan 6 miljoen werkers in verskeie sektore. Die salaris is Vrydag verhoog na 27 Suid-Afrikaanse rand en 58 sent per uur. Matthew Parks van Cosatu sê hierdie toename is verder ‘n inspuiting vir lewenskrag in sektore soos landbou, kleinhandel en gasvryheid, wat […]

Read More

Mnangagwa se vliegtuig herlei na bomdreigement

Zimbabwiese owerhede ondersoek ‘n bomwaarskuwing by die lughawe van Victoria Falls wat daartoe gelei het dat president Emmerson Mnangagwa sy besoek aan die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika-konferensie afgelas het. Hy was reeds op pad in ‘n private straler toe daar besluit is dat hy na die hoofstad, Harare, moet terugkeer. Die lughawe […]

Read More

Copps 94.1: Geestesgesondheid op die voorgrond met GBV

Die Stadspolisie het die Copps 94.1-span na die oostelike dele van die hoofstad geneem vir patrollies om wet en orde te handhaaf. Ten spyte hiervan, was daar ‘n gewelddadige voorval by ‘n huis in Rocky Crest wat weer geestesgesondheid na die voorgrond gebring het. JP Nel was aan diens.

Read More

Te min ambulanse om land te dien: gesondheid-ministerie

Die Erongo-streek het nie genoeg ambulanse om op mediese noodgevalle te reageer nie. Hentiesbaaiers is woedend oor die gesondheid-ministerie se vervoerstelsel. Volgens ‘n inwoner is daar net een ambulans in die Erongo-streek wat pasiënte vanaf Hentiesbaai, Swakopmund, Walvisbaai en Arandis na hospitale vervoer. Die gesondheid-ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, het die tekort aan ambulanse […]

Read More

Man kry 12 jaar tronkstraf vir renosterstropery

Die Skukuzu-Streekshof in Mpumalanga het ‘n man 12-jaar regstreekse gevangenisstraf opgelê vir renosterstropery-verwante oortredings. Veldwagters het voetspore gevolg in die Kruger-wildtuin wat hulle na Lindelani Mdletshe gelei het. ‘n Beweerde medepligtige, Rhody Ndlovu, het aanvanklik ontsnap, maar albei is betrap in besit van onwettige vuurwapens. Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Mdletshe is skuldig […]

Read More

Raad van Kerke vier Wêreldbiddag vir Vroue

Die Raad van Kerke in Namibië vier die Wêreldbiddag vir Vroue môre op Saterdag, 2 Maart. Christen-vroue, -mans en -kinders van baie tradisies kom elke jaar bymekaar om ‘n gemeenskaplike dag van gebed op die eerste Vrydag van Maart te vier. Alle denominasies word genooi om deel te neem om 2-uur môre by die Rooms-Katolieke […]

Read More

Loftus uitverkoop vir Bulls-Stormers kragmeting

Rugby: Die Stormers is môre in Pretoria vir die groot noord-suid derby teen die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap. Na wat berig word is kaartjies by Loftus Versfeld, waar die wedstryd gespeel word, uitverkoop. 51 500 mense gaan die stadion volpak vir die plaasliike rugby-geleentheid van die jaar. Die afrigter van die Stormers, John Dobson, […]

Read More

Huishoudelike krediet groei stadigste sedert 2021

Kredietverlening in die private sektor het in Januarie 2,4 persent op ‘n jaargrondslag gegroei, ‘n effense afname vanaf die 2,6 persent wat in Januarie 2023 aangeteken is. Volgens die makelaarsfirma Simonis Storm was dit hoër as die 1,9 persent wat in Desember waargeneem is. Januarie het egter die stadigste kredietgroei-opname deur huishoudings gesien sedert 2021. […]

Read More