Unam befonds navorsing

Die Universiteit van Namibië en sy filantropiese vennoot, die Universiteit van Namibië-stigting, het ‘n memorandum van ooreenkoms onderteken vir ‘n nuwe era van opvoedkundige ontwikkeling. Die samewerkingspoging word gerugsteun deur befondsing van bykans 15 miljoen Namibiese dollar. Dit sal opvoedkundige inisiatiewe en fasiliteite oor die volgende 3 jaar bevorder. Die befondsing sal die stigting bemagtig om die universiteit se pogings te bestuur en te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bernadette Bock, die uitvoerende direkteur van die Unam-stigting, wat meer inligting verskaf.