Okahandja, kom na strategiese plan se bekendstelling!

Die Okahandja Munisipaliteit nooi die publiek uit na die bekendstelling van die Strategiese Plan vir 2024-2029. Die munisipaliteit is besig om die Okahandja Strategiese Besigheidsmodel te finaliseer, wat ‘n nuwe strategiese rigting sal skep om die lewensomstandighede en standaarde van alle inwoners en beleggers te verbeter. Die dokument sal amptelik bekendgestel word deur die stedelike ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, op Vrydag, 8 Maart om 8-uur die oggend by die Nau-Aib-stadion op die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, gesels oor die belangrikheid van die strategiese plan.