Namibië neem in 7 sportkodes deel by Afrikaspele

Namibië stuur ‘n span van 78 verteenwoordigers na die 13de Afrikaspele wat Vrydag in Ghana afskop, tot 23 Maart. Namibiërs sal in sewe sportkodes deelneem. Atletiek Namibië het die grootste aandeel van 25 atlete, saam met ‘n gesamentlike 30 spelers in die nasionale mans- en vrouekrieketgroepe, die Richelieu Eagles en die Capricorn Eagles. Die reisgroep sluit ook drie stoeiers, agt fietsryers, agt swemmers, twee skaakspelers en twee verteenwoordigers in karate in – vergesel deur afrigters, bestuurders, mediese personeel en hooggeplaastes.