Headspring hou vol dat hulle die wet gehoorsaam

Headspring Investments, wat besig met uraaneksplorasie by Leonardville, se prosesse het verlede week skerp kritiek in die parlement ontlok van landbou-minister Calle Schlettwein. Die minister het onder meer gesê daar is ‘n behoefte aan ‘n omvattende, onafhanklike beoordeling van fasiliteite, prosesse en tegnologieë wanneer geologiese eksplorasieprojekte in Namibië geïmplementeer word. Kosmos 94.1 Nuus het met Uranium One-woordvoerder Riaan van Rooyen gesels, wat sê dat Headspring Investments onomwonde bevestig dat geen booraktiwiteite sedert 9 November 2021 op die terrein plaasgevind het nie.