Vroeë geboortes hoofoorsaak van kindersterftes

‘n Senior lektor aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Doktor Mary Kinney sê meer as 13-miljoen babas word elke jaar te vroeg gebore, wat hul risiko van geboorte-defekte verhoog. Wêreldwyd word daar elke twee sekondes ‘n baba te vroeg gebore, en elke 40 sekondes sterf een van hierdie babas. Kinney sê dit het ‘n diepgaande uitwerking op vroue, gesinne, samelewings en ekonomieë, en die algemene publiek mag hulle nie daarteen blindstaar nie.