Alcaraz klop Nadal in Vegas-vertoonwedstryd

Tennis: Die wêreld se nommer twee, Carlos Alcaraz, het net-net daarin geslaag om sy beroemde Spaanse landgenoot, Rafael Nadal, in hulle vertoonwedstryd in Las Vegas, Amerika, te klop. Nadal het die eerste stel gebuit en Alcaraz die tweede, waarna Alcaraz sy teenstander in die beslissende valbylpot 14-12 uitgeknikker het. Albei spelers het die wedstryd gebruik as voorbereiding vir die Indian Wells Meesterstoernooi wat Vrydag begin. Nadal was ʼn jaar lank buite aksie weens ʼn heupbesering voor sy terugkeer in Januarie in Australië kortgeknip is as gevolg van ʼn skeurtjie in ʼn spier.