SA speaker ontken bewerings van R2,3 miljoen omkoopgeld

Die speaker van SA se Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ten sterkste ontken sy was by korrupte bedrywighede betrokke toe sy die verdediging-minister was. Sy word daarvan beskuldig dat sy destyds omkoopgeld van altesaam 2,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand vanaf ‘n kontrakteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gekry het. Die speaker word na berigte betrek by ‘n beëdigde verklaring wat die eienaar van ‘n onderneming, verantwoordelik vir die vervoer van weermagvragte vir militêre sendings, Umkhombe Marine, by die Ondersoekdirektoraat ingedien het. Mapisa-Nqakula sê sy sal haar samewerking gee met alle formele ondersoeke na hierdie bewerings.