Stakende skoonmakers keer asdromme in middestad om

Meer as 500 sogenaamde skoonmakers by Stad Windhoek wat vandag vir die derde dag gestaak het, het chaos veroorsaak deur asdromme in strate in die middestad om te keer. Die polisie was op die toneel om hulle tot orde te roep. Die groep eis vaste werkskontrakte, maar die stad het bevestig die staking is onwettig. […]

Read More

Jaarlikse vervoer-inflasie verlaag

Die Namibiese Statistieke-agentskap het vandag Januarie se inflasie bekend gemaak wat op 7 persent staan. Die jaarlikse inflasiekoers vir die vervoer-kategorie wat 14,3 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, het in Januarie 2023 met 11,1 persent gestyg vergeleke met 13,5 persent wat in Januarie 2022 aangeteken is. Die stygings in die vervoer-komponent is weerspieël in die […]

Read More

Pastoor Shepherd Bushiri sê niemand sal teen hom getuig

Die omstrede pastoor Shepherd Bushiri was dapper om te beweer geen getuie sal na vore kom in sy uitleweringsverhoor in April in Malawi nie. Die korrupsiebeskuldigde-pastoor en sy vrou, Mary, het na hul vaderland gevlug nadat hulle in 2020 in Suid-Afrika op borgtog vrygelaat is. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery. Bushiri […]

Read More

Reeks oor Afrika-koninginne wil vroue bemagtig

Netflix begin vandag ‘n nuwe dokumentêre reeks oor Afrika se koninginne uitsaai. Die reeks, wat eksklusief deur Jada Pinkett Smith vervaardig is, het ten doel om verhale van vroulike leierskap in Afrika te laat herleef om jong, swart vroue te bemagtig. Die dokumentêr, wat uit twee seisoene bestaan, sal koningin Njinga van Ndongo en die […]

Read More

Beloning van N$100 000 uitgereik om renosterstropers te vind

Help our Rhino Now Namibia, HoRN.nam, renoster-eienaars en -bewaarders in Namibië, het ‘n aansienlike beloning uitbetaal aan plaaswerkers en teen-stropingseenhede wat instrumenteel was in die aankeer van die vier vermeende stropers van ‘n witrenosterkoei in die oostelike dele van Namibië in Januarie. ‘n Beloning van 100 000 Namibiese dollar word ook aangebied vir inligting wat […]

Read More

FlyNamibia staan Fly Etosha Airways se aansoek teen

FlyNamibia het saam met sy geaffilieerde Westair Aviation deur sy regsfirma Ellis en Vennote die aansoek van ‘n lugvervoer-lisensie vir Fly Etosha Airways teengestaan sê die aansoek moet deur die Vervoerkommissie verwerp word. Dit volg ná die voormalige senior bestuurder van vlugoperasies en afgetrede Air Namibia kaptein William Ekandjo, aansoek gedoen het vir ‘n lisensie […]

Read More

Namibiese stokvis-veiling ‘n sukses

Die Namibiese regering se stokvis-veiling wat in Desember 2022 gehou is, het 110,1 miljoen Namibiese dollar uit die verkoop van 12 300 metrieke ton stokvis ingesamel. Dit sluit in 10 000 dollar wat uit aansoekfooie ingesamel is. Die ministerie van finansies beskou die veiling as ‘n suksesvolle meganisme om pryse in die vissery-sektor te fasiliteer. […]

Read More

Vlugte van Lufthansa vertraag  

Probleme met inligtingstegnologie by die Duitse lugdiens, Lufthansa, het ontwrigting vir duisende passasiers wêreldwyd veroorsaak toe tientalle vlugte vertraag is. Die maatskappy sê die probleem het ontstaan toe verskeie veselglaskabels tydens bouwerk in Frankfurt beskadig is. Lufthansa besit ook SWISS, Austrian Airlines, Brussels Airlines and Eurowings. Die voorval het plaasgevind slegs twee dae voor beplande […]

Read More

Europeërs wil meer dikwels van die huis af werk

Navorsing deur die Europese Sentrale Bank het bevind dat bykans ‘n derde van die euro-gebied se werkers meer dikwels van die huis af wil werk as wat hulle toegelaat word. Hulle is ook bereid om van werk te verander om dit te kan doen. Talle maatskappye ontwikkel nog hul beleid in die verband. Luidens die […]

Read More

Gift of the Givers keer Saterdag uit Turkye terug

ʼn Span van die Suid-Afrikaanse hulporganisasie, Gift of the Givers, keer Saterdag uit die rampgeteisterde Turkye en Sirië terug. Die span is verlede Dinsdag uit Suid-Afrika weg om hulp te verleen met die reddingspogings na die dubbele aardbewings waarin meer as 40 000 mense dood en duisende beseer is. ʼn Woordvoerder van Soek en Redding […]

Read More