Stakende skoonmakers keer asdromme in middestad om

Meer as 500 sogenaamde skoonmakers by Stad Windhoek wat vandag vir die derde dag gestaak het, het chaos veroorsaak deur asdromme in strate in die middestad om te keer. Die polisie was op die toneel om hulle tot orde te roep. Die groep eis vaste werkskontrakte, maar die stad het bevestig die staking is onwettig. Woordvoerder van Stad Windhoek, Harold Akwenye het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.