Namibiese stokvis-veiling ‘n sukses

Die Namibiese regering se stokvis-veiling wat in Desember 2022 gehou is, het 110,1 miljoen Namibiese dollar uit die verkoop van 12 300 metrieke ton stokvis ingesamel. Dit sluit in 10 000 dollar wat uit aansoekfooie ingesamel is. Die ministerie van finansies beskou die veiling as ‘n suksesvolle meganisme om pryse in die vissery-sektor te fasiliteer. Die voorsitter van die Stokvisvereniging, Matti Amukwa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoewel hulle tevrede is met hierdie proses, moet stabiliteit in die sektor volgehou word.  

Amukwa sê ook hulle is bly dat hul insette en advies toegepas is ná die mislukte eerste regeringsveiling.