Beloning van N$100 000 uitgereik om renosterstropers te vind

Help our Rhino Now Namibia, HoRN.nam, renoster-eienaars en -bewaarders in Namibië, het ‘n aansienlike beloning uitbetaal aan plaaswerkers en teen-stropingseenhede wat instrumenteel was in die aankeer van die vier vermeende stropers van ‘n witrenosterkoei in die oostelike dele van Namibië in Januarie. ‘n Beloning van 100 000 Namibiese dollar word ook aangebied vir inligting wat lei tot die suksesvolle arrestasie en vervolging van die renosterstropers op die plaas Düsternbrook, net noord van Windhoek. Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, adjunk-kommissaris Barry de Klerk gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.