FlyNamibia staan Fly Etosha Airways se aansoek teen

FlyNamibia het saam met sy geaffilieerde Westair Aviation deur sy regsfirma Ellis en Vennote die aansoek van ‘n lugvervoer-lisensie vir Fly Etosha Airways teengestaan sê die aansoek moet deur die Vervoerkommissie verwerp word. Dit volg ná die voormalige senior bestuurder van vlugoperasies en afgetrede Air Namibia kaptein William Ekandjo, aansoek gedoen het vir ‘n lisensie om die redery Fly Etosha Airways te bedryf. FlyNamibia sê veiligheid is die belangrikste kwessie vir ‘n lugredery omdat die lewens van passasiers en bemanning op die spel is en die grondslag van die lugrederybedryf se reputasie en sukses. FlyNamibia verwerp bewerings dat sy lugredery ‘n ander lugredery weerhou om bedrywighede te begin en sodoende mededinging te ontmoedig. André Compion, besturende direkteur van FlyNamiba sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hulle die aansoek teenstaan.