Gift of the Givers keer Saterdag uit Turkye terug

ʼn Span van die Suid-Afrikaanse hulporganisasie, Gift of the Givers, keer Saterdag uit die rampgeteisterde Turkye en Sirië terug. Die span is verlede Dinsdag uit Suid-Afrika weg om hulp te verleen met die reddingspogings na die dubbele aardbewings waarin meer as 40 000 mense dood en duisende beseer is. ʼn Woordvoerder van Soek en Redding SA, Ivor Sarikinsky sê die soektog en redding gaan voort, terwyl verskeie ander lande ook hul spanne gestuur het om hulp te verleen.