Jaarlikse vervoer-inflasie verlaag

Die Namibiese Statistieke-agentskap het vandag Januarie se inflasie bekend gemaak wat op 7 persent staan. Die jaarlikse inflasiekoers vir die vervoer-kategorie wat 14,3 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, het in Januarie 2023 met 11,1 persent gestyg vergeleke met 13,5 persent wat in Januarie 2022 aangeteken is. Die stygings in die vervoer-komponent is weerspieël in die prysvlakke van aankope van voertuie wat met 6,2 persent gestyg het, vergeleke met 3,9 persent wat in Januarie 2022 aangeteken is. Vervoer se maandelikse inflasiekoers het met 3,2 persent in Januarie 2023 ingekrimp vergeleke met ‘n inkrimping van 1 persent in Desember 2022.